
=====================================================================
Handleiding oor grammatika en uitspraak (AV 7:4)
=====================================================================

Inhoudsoorsig


Handleiding oor grammatika en uitspraak

---------------------------------------------------------------------
Colloquial Afrikaans: The Complete Course for Beginners, Bruce Donaldson; uitgegee deur Routledge, Londen. Prys van boek en dubbelkasset: 
R274,95 (BTW ingesluit).

Met groot afwagting het ek die titel op die kleurryke houer gelees. Colloquial Afrikaans beteken immers hierdie kursus fokus op Afrikaans 
as geselstaal. My tweede gedagte was dat die kursus beginnersprekers interaktief gaan betrek by oefeninge oor di aspekte van 
kommunikatiewe bekwaamheid wat nodig is om 'n gesprek te verstaan en sm te kan gesels.

My derde gedagte was: die handboek van 272 bladsye saam met die twee uurkassette sal Afrikaans as geselstaal laat lwe vanwe die 
klankmatige voordeel van die kasset. My vierde gedagte was: die volle spektrum van taalvaardighede kan nie gedek word nie, want gn 
kassetkursus kan ten volle interaktief wees nie. Ek het dus aanvaar dat dit bedoel is as 'n aanvulling tot 'n interaktiewe kursus.

My hartklop het dus versnel toe ek op die houer se agterkant lees dat die kursus vir klasgebruik, maar k vir onafhanklike studie bedoel 
is. 'n Entjie verder lees ek: "By the end of this rewarding course you will be able to communicate confidently and effectively in Afrikaans 
on a broad range of everyday topics." Ek lees ook dat die twee kassette met opnames deur moedertaalsprekers die beginnerspreker sal help 
"[to] perfect your pronunciation, listening and speaking skills."

As die kasset se dialoogklanke wegsterf en ek die handboek toemaak, is vir my bevestig: Colloquial Afrikaans is oorwegend 'n teoretiese 
handleiding oor die grammatikale kompleksiteite en korrekte uitspraak van Afrikaans.

Die inleiding is 'n uitvoerige Engelse bespreking van al die Afrikaanse klanke, tweeklanke en konsonante met kassetvoorbeelde. Selfs die 
belangrikste verskille tussen klankbeeld en skrifbeeld, asook die belangrikste spelrels geniet aandag. Noodsaaklike ingeboude pouses vir 
selfkontrole deur die toegewyde beginnerspreker wat sy uitspraakpogings wil toets aan die kassetvoorbeelde, ontbreek egter.

Dan volg die hoofdis van 17 hoofstukke met 59 dialo wat dien as demonstrasiemateriaal vir die vele taalstrukture in al hul verbuigings- en 
vervoegingsvorme. Di werk is voorwaar die resultaat van ure se beplanning. Dialoog n dialoog word opgevolg met 'n Engelse bespreking van 
die gedemonstreerde struktuur, asook tipiese grammatikale manipulerings- en vertaaloefeninge. Die skrywer, wat duidelik baie goed onderl 
is in die tradisionele grammatika-vertaalmetode, verskaf agterin die boek al die antwoorde op die oefeninge asook 'n glossarium wat alle 
grammatikale terme verduidelik.

Dialoog bevat l die bestanddele van 'n kommunikasiesituasie en is om hierdie rede 'n besonder nuttige vertrekpunt vir 'n beginnerkursus. 
Ongelukkig vervorm die oormatige fokus op grammatikale strukture die dialoog as praattaal tot vertoontaal in diens van die uitgestalde 
taalstrukture. S verloor die dialoog sy outentieke geselskarakter.

Die gevolg is: Geselstaal-eienskappe soos onderbrekings, herhalings, onvoltooide sinsbou en stopfrases ontbreek; daarom is ook geen 
aktiwiteite beplan wat die beginnerspreker lei om met behulp van spesifieke luisterstrategie die kern van gesprekke te verstaan nie. 
Verder klink die aanbieders op die kassette byna robotagtig weens hul opvallende gebrek aan vertolkende leesvermo: hulle prt nie met 
mekaar nie  soms is daar selfs foutiewe klemlegging en pouserings (bv. dialoog 4, hfst. 2).

Outentieke agtergrondklanke slaag dus nie daarin om geloofwaardigheid te verseker nie. Dit geld ook vir die vele taalfunksies wat vernuftig 
ingebring is in die dialo, soos groet en voorstel, uitvra na welstand, familie en persoonlike sake, inkopies doen, oor die weer en werk 
gesels, 'n afspraak maak, ens. Hoe jammer dat hierdie funksies nie benut word as kontekstuele vertrekpunt vir gesimuleerde kommunikatiewe 
take nie; gevolglik kan die beginnerspreker nie die vertoonde grammatikale strukture en woordeskat internaliseer vir aktiewe 
gespreksgebruik nie. In die lig hiervan is die bespreking van verwarrende woordpare, spreektaalvariante en idiomatiese frases wat pas by 
die taalfunksies, vergeefse moeite. Dit geld ook vir die vele woordelyste n dialo asook die Afrikaans-Engelse en Engels-Afrikaanse 
glossaria aan die einde van die handleiding.

Enkele take het darem 'n effense kommunikatiewe kleur, naamlik die diktee-oefening (p. 50) en die afleidingsoefening (p. 123).

My finale indruk is dat daar baie in Engels oor Afrikaans geskryf is in die vele grammatikale besprekings en die inligting oor die herkoms 
van Afrikaans, taalgewoontes, taalverspreiding, bevolkingsamestelling, ens. Insgelyks is daar heelwat Engelse kommentaar op die kassette. 
Daar is baie oor Afrikaans gepraat maar nie genoeg in Afrikaans nie.

Die beginnerspreker, wat vanwe die aansprake hierdie kursus gaan aankoop, kan vermoedelik teleurgestel word. En vir die volwasse beginner 
wat jare gelede laas op skool of universiteit met grammatikale terminologie te doen gehad het, gaan dit 'n opdraande stryd wees. Die 
teikengroep wat moontlik by die kursus sal baat vind, is studente of horskoolleerlinge wat hul kennis van grammatika en uitspraak wil 
opskerp. Collena Blanckenberg, programkordineerder, hoofkursusaanbieder en opleier, Eenheid vir Afrikaans, Departement 
Afrikaans/Nederlands, US.

Dank aan die uitgewer Routledge: 'n Pakket is beskikbaar gestel vir 'n leser met die mees verdienstelike versoek om 'n sodanige kursus. Dit 
gaan aan mnr. Denzil Hendricks, wat al vier jaar in Australi woon en raad gevra het vir 'n kursus wat hom in staat sal stel om sy tien 
maande oue dogterjie mettertyd Afrikaans te leer. Om te bestel: Faks: 021 706 0940; Book Promotions, Horizon books, Posbus 5, Plumstead 
7800; e-pos: rose@bookpro.co.za.

Prof Bruce Donaldson, hoogleraar in die Departement Germaanse Studie aan die Universiteit van Melbourne, Australi, het reeds waardevolle 
diens aan Afrikaans gelewer. Die proefskrif vir sy doktorsgraad aan die Universiteit van die Vrystaat was oor die invloed van Engels op 
Afrikaans. In 1993 het die Duitse uitgewer Mouton de Gruyter in Berlyn die lywige A grammar of Afrikaans deur Donaldson gepubliseer. Nadat 
Donaldson vir die uitgewer Routledge se Colloquial reeks van praktiese taalboeke 'n Colloquial Dutch geskryf het, kon hy Routledge oortuig 
om ook 'n Colloquial Afrikaans uit te gee.

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av7418.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999, 2000       Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- Finaal 2000 /// Nuwe SBA maak deure oop met Afrikaans /// Gedig met 
skets van Nick Mallet /// Bertie du Plessis s /// Nuwe Direktoraat: Buitelandse Betrekkinge /// Afrikaans-Ekspo groei steeds /// Welslae 
met slypskole /// Wat onthou word, l n aan die hart /// Vertel hulle van die rykdom in Afrikaans /// Ons lesers skryf: Voorstelle vir 
'realiste' /// Ons lesers skryf: Leer van Vlaandere /// Buro van woorde staan sterk /// Veeltaligheid in nuwe Suid-Afrika /// 
Nederlandssprekers leer Afrikaans /// Taal, kleur en eiewaarde /// Burgeroorlog in Afrikaanse geledere /// Vir fliekvlooie, boekwurms, 
jappies en ... /// Punt in die wind /// Eie woord en klank voer mee /// Handleiding oor grammatika en uitspraak /// Europa eis kennis van 
tale /// Die tinktinkie en die renboog /// Taalwerkers saam onder Afrikaanse kombers /// Tieners wil nie lees nie! Wie is skuldig? /// 
Oupa se woorde is kompas in nood /// Trots van die SvA  geletterdheidswerk /// Luister na stem van ware identiteit /// 'Ons gee Afrikaans 
'n nuwe baadjie' /// 'Donderse Engelsman' is prestigepryswenner /// Taalspeletjies gee vonk aan Afrikaanse lesse /// Plaasskole word 'n 
avontuur /// Afrikaans Vandag sit hand by /// In Amerika klop harte warm vir Afrikaans /// Die kode is P /// Een van talle suksesvolle 
literre skryfskole /// Engels ongeskik vir Afrika renaissance /// Ons lesers skryf: Gebruik Engels om Afrikaans te prys /// Kongres toon 
literatuur is poort tot kennis /// Moedertoorn /// Laat feeste voorhuisdeure wyer oopmaak /// Skep eenvormigheid met flair /// Vista-
studente se Afrikaansfees maak geskiedenis /// Daar's lewe by die Afrikaanse Skrywersvereniging /// 'Kyk met haikoe-o' /// Daar is 'n tyd 
vir gaan... /// Ontmoet Afrikat /// Vakansiebestemming: Valsbaai /// Grootkop rol

